GOLD FOR BAIN’S CAPE MOUNTAIN WHISKY IN CHINA – South African Whisky News
GOLD FOR BAIN’S CAPE MOUNTAIN WHISKY IN CHINA
Bain’s Cape Mountain Whisky, South Africa’s first single grain whisky made from the finest local grain, has taken a gold medal at the 2014 China Wine and Spirits competition, the biggest and most prestigious of its kind in Hong Kong and China. Entries are tasted and judged according to price, and medals awarded to those offering the best value, a crucial indicator for sales success in China.
Eliska Botha, global marketing manager for Bain’s Cape Mountain Whisky, says receiving a gold medal at this competition, which is judged by the top buyers, importers, distributors and retailers in the Far East, puts this proudly South African whisky and title holder of the World’s Best Grain Whisky at the 2013 World Whisky Awards, in a very favourable position.
“Although Bain’s Cape Mountain Whisky is only exported to a few countries in Africa, North America and Europe, the Chinese market has become very important for spirits brands from all over. Consumers in the Far East have a particularly keen interest in and palate for whiskies and the market there is fast becoming one of the largest in the world.
“It’s heartening to know that the Chinese market awards our proudly South African whisky and this award could open doors for us when we are ready to export to the Far East.”
Crafted at the James Sedgwick’s Distillery situated in one of South Africa’s most picturesque regions near the Bainskloof Pass, the whisky is inspired by the area’s magnificent peaks, cool, sparkling streams, wooded valleys and an unmatched wealth of indigenous fynbos. Only the finest South African grain is used together with water that flows over 850 million year old sandstone and indigenous fynbos, setting Bain’s Cape Mountain Whisky apart from any other whisky produced in the world.
The whisky is quite uniquely double-matured, first for three years in casks previously used for Bourbon before being revatted into a fresh set of casks for a further maturation period that results in its exceptionally smooth and unique taste.
Bain’s Cape Mountain Whisky retails in South Africa for about R220 and is available at leading liquor outlets.
Bain’s Cape Mountain Whisky kry goud in China
Bain’s Cape Mountain Whisky, Suid-Afrika se eerste enkelgraanwhisky wat van die allerbeste plaaslike graan gemaak word, het by die 2014 China Wine and Spirits-kompetisie, die grootste en glansrykste van dié aard in Hongkong en China, ’n goue medalje verower. Inskrywings is aan die hand van prys geproe en beoordeel, en medaljes is toegeken aan dié wat die beste waarde bied. In China is dít ’n baie belangrike aanwyser wat verkope betref.
Eliska Botha, die globale bemarkingsbestuurder vir Bain’s Cape Mountain Whisky, sê die verowering van ’n goue medalje by dié kompetisie, waar die voorste kopers, invoerders, verspreiders en kleinhandelaars in die Verre Ooste as beoordelaars optree, plaas dié trots Suid-Afrikaanse whisky en houer van die 2013 World Whisky Awards se titel van Beste Graanwhisky ter Wêreld in ’n baie gunstige posisie.
“Hoewel Bain’s Cape Mountain Whisky na net enkele lande in Afrika, Noord-Amerika en Europa uitgevoer word, het die Chinese mark vir talle spiritualieë-handelsmerke van oraloor baie belangrik geword. In die Verre Ooste stel verbruikers veral in whisky belang, en ontwikkel hulle ’n smaak daarvoor. Daardie mark word baie gou een van die grootstes ter wêreld.
“Dis bemoedigend dat die Chinese mark ons trots Suid-Afrikaanse whisky beloon. Dié toekenning kan deure vir ons oopmaak wanneer ons gereed is om na die Verre Ooste toe uit te voer.”
Die whisky word by die The James Sedgwick’s-distilleerdery in ’n prentjiemooi streek naby die Bainskloofpas gemaak. Die bergpieke wat bo die gebied uittroon, die koel, helder strome, digbegroeide valleie en weergalose weelde aan inheemse fynbos is die inspirasie vir die whisky. Net die allerbeste Suid-Afrikaanse graan word vir die whisky gebruik, asook water wat oor sandsteen van 850 miljoen jaar oud en deur die inheemse fynbos loop. Dit sorg dat Bain’s Cape Mountain Whisky anders as enige ander whisky ter wêreld smaak.
Die whisky word heel uniek dubbel verouder – eerstens drie jaar lank in vate wat voorheen vir Bourbon whisky gebruik is, en dan in ’n vars versameling vate vir nóg ’n verouderingstyd wat vir die uitsonderlik gladde en unieke smaak sorg.
Die kleinhandelprys van Bain’s Cape Mountain Whisky in Suid-Afrika is omtrent R220, en dit is by die voorste drankwinkels te koop.
















